Slangbos die aggressiewe
indringer in weiveld se ontkiemingspotensiaal
APRIL 2009
Seriphium plumosum, wat in die
volksmond bekend staan as slangbos, bankrotbos of vaalbos, is
inheems aan Suid-Afrika en het reeds na verskeie dele in ons
land versprei (Oos-Kaap, Vrystaat, Mpumalanga, Noordwes en
Gauteng). Dit het eers bekend gestaan as Stoebe vulgaris.
Hierdie aggressiewe indringer hou �n groot bedreiging in vir waardevolle
weiveld, wat die goedkoopste voer vir die veeprodusent is en sal
bly.
In
hierdie artikel:
� Ontkiemingspotensiaal
van Slangbos
� Samevattende opmerkings
� Foto�s & Tabelle
Die feit dat slangbos deur feitlik geen dier benut word nie,
maak die bekamping daarvan baie moeilik. Die stelling dat dit
indring weens wanbestuur soos oorbeweiding is nie volkome waar
nie, aangesien dit vinnig op �n plaas versprei indien dit eers
daar voorkom, ongeag of die veld in goeie of swak toestand
verkeer. Die hoofredes vir die geweldige ontploffing van
slangbos oor veral die laaste vyf jaar bly �n raaisel.
Die bosse maak miljoene sade wat baie lig is en dus geweldig ver
deur die wind versprei kan word. Baie min inligting bestaan oor
die werklike ontkieming daarvan en die toestande waaronder dit
die aggresiefste sal indring. Die algemene tendens is dat dit
hoofsaaklik op sanderige grond aangetref word, maar kan selfs
gronde met �n ho�r klei-inhoud indring mits die grond se
dreinering goed is. Dit ontwikkel eers op die suidelike hellings
waarna dit na die leegtes versprei en kom selde in vleie of
waterbane voor. Dit is ook net beperk tot re�nvalgebiede van 620
tot 750 mm per jaar.
Ontkiemingspotensiaal
van Slangbos
�n Intensiewe studie is aan die Universiteit van die Vrystaat
uitgevoer ten opsigte van die ontkiemingspotensiaal van hierdie
indringerplant. Grond is onder slangbosplante tot �n diepte van
50 mm versamel in die distrikte Zastron, Thaba Nchu, Ladybrand
en Clocolan, waarna die ontkieming van die slangbossaad bestudeer is. Die versamelde grond is in die glashuis in twee liter
roomysbakke, bo-op �n groeimedium versprei en daarna daagliks benat.
Daar is van min of meer ewe groot bosse gebruik gemaak, sodat
die versameling van saad oor die verskillende distrikte
vergelykbaar kon wees. Hierdie grond/saad versameling het in
Augustus 2008 geskied, nadat die saad die koue winter deurgegaan het en die narypingsperiode opgehef kon word, sou die
plant so �n vereiste vir optimale ontkieming verlang. Die bosse
het wel in die lente net voor saadversameling geblom. Die sade
kan vir maande aan die bosse voorkom voordat dit afgegooi word
en die grond bereik en daarom is die bosse met �n voorwerp
geslaan sodat al die sade kon afval. Slegs by Thaba Nchu is die
bosse geslaan en is dus ou sowel as vars sade in die
grondmonster versamel, teenoor die ander distrikte waar net ou
saad se ontkieming bestudeer is. Daar is ook in �n tweede proef
net van vars saad gebruik gemaak, wat vanaf die bosse aan die
einde van Augustus 2008 geoes is. Die ontkiemde saailinge is oor
�n periode van twee maande getel tot op �n punt waar geen
verdere nuwe saailinge hulle verskyning gemaak het nie.
Interessant was dat die eerste saad eers na vyf weke van
benatting opgekom het. Vir so �n besondere klein saadjie sou
mens �n baie vinnige ontkieming verwag het. �n Magdom sade het
na vyf tot ses weke opgekom, waarna dit heeltemal opgehou het.
�n Logiese afleiding was dat alle sade wat wel tot op daardie
stadium kiemkragtig was moes opgekom het, vandaar die drastiese
staking van verdere ontkieming. Gelukkig is voortgegaan met die
benatting van die saailinge wat wel opgekom het. Teen die
verwagting in, het daar na twaalf weke (ongeveer twee maande)
weer �n ontploffing in saadontkieming plaasgevind. Hierdie
tendens bevestig net weer eens hoe min ons werklik van die
verspreidingspotensiaal van hierdie indringerplant verstaan.
Besonder baie sade het by al die distrikte na vyf weke van
benatting ontkiem (Tabel 1). So �n saailingontploffing wat deur
een slangbos bos veroorsaak is, gee nie net skokkende syfers nie,
maar vergelyk baie goed tussen verskillende distrikte. Die laer
ontkieming wat wel by Clocolan voorgekom het kan aan baie
moontlikhede toegeskryf word, soos dat die bosse die vorige
seisoen moontlik nie optimaal saad gemaak het nie of dat die
bosse dalk kleiner as in die ander distrikte was. Die
belangrikste rede is egter die grondverskille tussen die
distrikte. Dit is dus duidelik dat slangbosindringing ewe
gevaarlik is, ongeag die distrik waar dit mag voorkom. Dit moet
gesien word teen die agtergrond dat navorsers bevind het dat
indien meer as 10 000 slangbosplante/ha voorkom, die
produksiepotensiaal van weiveld met soveel as 70% tot 80% kan
verlaag. Indien elkeen van hierdie 10 000 bosse gemiddeld die
aantal saailinge van 434 per m2 (soos in hierdie studie verkry)
sou produseer, is dit �n aaklige aantal nuwe saailinge wat tot
die veld toegevoeg word. Wat verder onrusbarend is, is dat
hierdie saailingsyfers per m2 uitgedruk is en nie eers per
hektaar nie.
Hoewel die tweede ontkieming (ongeveer twee maande na benatting)
wel minder saailinge opgelewer het, maak dit steeds �n groot
bydrae tot die slangbos se indringing (Tabel 1). Daar is
lank gespekuleer oor die moontlike redes vir die tweede stel
saailinge wat ontstaan het, asook die ho�r ontkieming by Thaba
Nchu. Die logieste gevolgtrekking is dat vars slangbossade oor
�n na-rypingsperiode beskik wat eers opgehef moet word vir
optimale ontkieming. Die sade wat eerste opgekom het, se
na-rypingsperiode is deur die koue winter opgehef. Die varssaad,
met ander woorde plante wat in die lente geblom het en waarvan
die saad op die grond te lande gekom het, se rusperiode moes
eers opgehef word; daarom die later ontkieming. Met die slaan
van die Thaba Nchu-bosse het varssade ook op die grond beland,
en as gevolg van die rusperiode benodig vir optimale ontkieming,
eers later ontkiem. Die enkele sade wat wel by die ander
distrikte opgekom het, kan toegeskryf word aan vars saad wat
toevallig met die monsternemings die grond bereik het en ook
eers �n saadrus moes ondergaan. Die slegte nuus is dat daar dus
altyd kiemkragtige sade beskikbaar is wat regdeur die jaar
gereed is om te ontkiem.
Indien �n slangbosplant wat saad geproduseer het en dit op een
of ander manier (meganies of deur brand) afgegooi het, uit die
veld verwyder sou word, hou dit die gevolg van �n ontploffing in
saadontkieming in. Sorg moet dus gedra word dat indien
slangbosbeheer toegepas word, �n opvolgaksie daarmee gepaard
moet gaan. Sou dit nie gedoen word nie, sal die hele
indringingsprobleem net vererger word. Chemiese beheer hou die
voordeel in dat die aktiewe bestanddeel wat die plante dood, ook
�n paar jaar se nawerking het wat saailinge wat mag opkom sal
inhibeer. Die moederbosse beskik oor �n tipe allelopatiese
eienskap, wat die ontkieming van nuwe plante in sy onmiddellike
omgewing inhibeer. Hieroor word tans intensiewe navorsing gedoen.
Hierdie allelopatiese impak en oorskaduings-effek op omringende
plante wat met die verwydering van die bosse opgehef word, is
grootliks verantwoordelik vir die ontploffing van saailinge.
Vars saad van slangbos wat nog aan die bos voorkom het �n 91%
laer ontkiemingspersentasie getoon as saad wat reeds die grond
bereik het. Dit impliseer dat slangbossade eers �n
na-rypingsperiode van ten minste die koue winter moet deurgaan
alvorens �n optimale ontkieming sal plaasvind. Daar moet dus aan
�n manier gedink word om ontslae te raak van die saad voordat
dit in kiemkragtigheid kan toeneem.
Dit is verbasend hoe die besondere klein slangbossade wel
suksesvol in �n digte gras-bedekking (veld in goeie toestand)
ontkiem en vestig. Die feit dat slegs beperkte, nuwe, jong
plante normaalweg per seisoen in oop spasies �n entjie weg van
die bestaande groot slangbosplante in goeie veld aangetref word,
is verblydend. Die volwasse bosse produseer miljoene
kiemkragtige sade wat moontlik nie dadelik ontkiem nie of weens
die sterk kompetisie van die grasse uitgedruk word. Die
langslewendheid van hierdie klein saadjies is �n aspek wat
intensiewe navorsing vereis en wat baie nuttig sal wees met die
suksesvolle toepassing van beheermaatre�ls. Oorbeweiding, wat
gepaard gaan met die afname in plantbedekking, skep juis die
ideale toestand vir die kiemkragtige slangbossaad om in massas
te ontkiem weens die laer graskompetisie en die veld vinnig in
te dring. Ou lande is veral vatbaar vir slangbos verdigting ook
as gevolg van die gebrek aan kompetisie van grasspesies. Dit is
stellig waar, soos deur literatuur uitgewys, dat slangbos wel
grootliks blom gedurende die herfs/winter (April tot Junie) en
lente, maar waarnemings toon ook dat daar regdeur die
groeiseisoen bosse is waarop saad voorkom. Van die sade kan wel
vir maande aan die plant voorkom voordat dit afgegooi word. Daar
is ook waargeneem dat indien �n slangbossaailing vanjaar
gevestig het, dit dieselfde seisoen reeds gaan blom.
Samevattende opmerkings
� Slangbos word tans as een van die belangrikste probleemplante in Suid-Afrika beskou en indien
daar nie iets daadwerkliks met die bekamping daarvan gedoen word nie, staar ons kosbare
weiveld
�n ernstige probleem in die gesig. Daar is aanduidings dat digte stande van slangbos
die produksie
potensiaal van weiveld met soveel as 75% kan verlaag.
� Met oorbeweiding is die verskyning van slangbos meer
opsigtelik, maar in werklikheid dra
oorbeweiding slegs by tot die indringing omdat die grasbedekking
verminder en slangbos, wat nie
benut word nie, dan die geleentheid kry om onge-steurd te
groei en toe te neem.
� Die geweldige ontkiemingspotensiaal van slangbossade, nadat
plante hetsy deur uitkap of brand
beheer word, is nie in die verlede deeglik besef nie. Hierdie
beheermaatre�ls moet reg bestuur word
in terme van opvolgbehandelings wat toe-gepas moet word.
� Onder �n slangbosplant l� daar dus �n magdom kernkragtige sade
wat wag vir gunstige toestande
sodat dit kan ontplof in terme van ontkieming.
� Slangbosse kan sterk kompeteer vir plantvoedingstowwe, grondwater en besit ook nog
allelopatiese eienskappe wat giftige stowwe afskei,
om die ontwikkeling en ontkieming van plante in
hulle onmiddellike omgewing te inhibeer.
Hierdeur kan grasse totaal verdring word deur die bosse.
� Vars sade wat nog aan die bos voorkom, het �n na-rypings
periode nodig vir optimale ontkieming,
wat minstens die koue winterperiode behels.
� Die onsmaaklikheid van die plant veroorsaak dat met die
indringing daarvan �n plantegroeistand wat
onbenutbaar vir diere is, sy opwagting maak.
� Hierdie plant is volgens die CARA-wetgewing gelys as
verklaarde indringer. Waar dit dus die
natuurlike plantegroei verdring is die grondeienaar genoodsaak om dit te
beheer.
� Slangbos bevat vlugtige olies wat dit hoogs vlambaar maak, wat
saam met die ho� brandbare
materiaal �n gevaar inhou by veldbrande. Dit veroorsaak �n baie warm vuur
wat groot skade aan die
grasse kan veroorsaak.
�Daar bestaan wyduiteenlopende menings rondom die beheer en
bestryding van slangbos en
gevolglik verdien hierdie probleemplant verdere navorsing.
Beheermaatre�ls bestaan wel, wat reeds
suksesvol toegepas word.
Professor Hennie Snyman is van die Departement Vee-, Wild- en
Weidingkunde aan die Universiteit van die Vrystaat.
Tabelle en foto�s
Aantal sade ontkiem, gemeet in terme van saailinge per bos en
per m2 vir verskillende tye en distrikte.